Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » misbruik
misbruik [boodskap #139423] Sat, 21 May 2022 12:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
misbruik
Afbreking: mis•bruik


Werkwoord: misbruik
Verlede tyd: het misbruik

Betekenis:
• Om iets verkeerd of tot nadeel te gebruik.

Gebruik:
• Dis tragies om te sien hoeveel mense hulle lewens weggooi deur dwelms te misbruik.

Vertaling:
Engels: to abuse, misuse
Nederlands: misbruiken


Selfstandige naamwoord: misbruik
Meervoud: misbruike

Betekenis:
• Die verkeerde of slegte gebruik van iets.

Gebruik:
• Daar is wêreldwyd 'n toename in die misbruik van alkohol en dwelms.

Sinoniem:
• wangebruik

Afgelei:
• alkoholmisbruik
• ampsmisbruik
• drankmisbruik
• dwelmmisbruik
• grondmisbruik
• magsmisbruik
• wetsmisbruik
• woordmisbruik

Vertaling:
Engels: misuse, abuse
Nederlands: misbruik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dwelmmisbruik
Volgende onderwerp: bakteries
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 17:39:17 UTC 2025