trietsig [boodskap #139398] |
Thu, 12 May 2022 14:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trietsig
Afbreking: triet•sig
Byvoeglike naamwoord: trietsig
Vergrotende trap: trietsiger
Oortreffende trap: trietsigste
Attributief: trietsige
Partitief: trietsigs
Betekenis:
• Wat swak of droewig is; nie te goed nie.
Gebruik:
• Op hierdie trietsige dag voel ek self ook maar effens trietsig.
Wisselvorm:
• triesterig
• trietserig
• triestig
Sinoniem:
• armsalig
• droefgeestig
• ellendig
• mistroostig
• somber
• treurig
Afgelei:
• trietsigheid
Vertaling:
Engels: dismal, dreary
Nederlands: triestig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|