opoffer [boodskap #139396] |
Thu, 12 May 2022 10:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opoffer
Afbreking: op•of•fer
Samestelling: op + offer
Werkwoord: offer op, opoffer
Verlede tyd: het opgeoffer
Betekenis:
• Om iets van waarde prys te gee; vir 'n goeie doel af te staan.
Gebruik:
• Sal jy jou kosbare tyd opoffer om sulke ondankbare mense te help?
Spreekwoord:
• Hy sal goed en bloed opoffer. [Hy sal alles vir die saak doen.]
Sinoniem:
• afstaan
• prysgee
• toewy
Afgelei:
• opoffering
Vertaling:
Engels: to offer up, sacrifice, devote
Nederlands: opofferen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|