inrigting [boodskap #139395] |
Thu, 12 May 2022 09:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inrigting
Afbreking: in•rig•ting
Samestelling: inrig + -(t)ing
Selfstandige naamwoord: inrigting
Meervoud: inrigtinge, inrigtings
Verkleinwoord: inrigtinkie
Meervoud van verkleining: inrigtinkies
Betekenis:
• Plek wat vir 'n bepaalde doel ingerig is.
• Die handeling van inrig.
Gebruik:
• 'n Ouetehuis is 'n inrigting vir bejaarde persone.
• Ek het my arm met die inrigting van ons nuwe huis beseer.
Sinoniem:
• instansie
• instelling
• instituut
• tehuis
Afgelei:
• doofstomme-inrigting
• kraaminrigting
• landbou-inrigting
• onderwysinrigting
• sielsieke-inrigting
• staatsinrigting
• verpleeginrigting
Vertaling:
Engels: establishment, institution; arrangement
Nederlands: inrichting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|