Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wyser
wyser [boodskap #139394] Wo, 11 Mei 2022 17:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wyser
Afbreking: wy•ser


Selfstandige naamwoord: wyser
Meervoud: wysers
Verkleinwoord: wysertjie
Meervoud van verkleining: wysertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat na iets anders wys.

Gebruik:
• Die horlosie se wyser het gebreek.

Sinoniem:
• aanduider
• indeks
• indikator
• naald
• pyl

Hiponiem:
• aanwyser
• afstandswyser
• bladwyser
• handwyser
• heuningwyser
• hittewyser
• horlosiewyser
• leeswyser
• meterwyser
• minuutwyser
• mylwyser
• nulwyser
• oliewyser
• padwyser
• reiswyser
• rigtingwyser
• sekondewyser
• sonwyser
• tydwyser
• uurwyser
• wegwyser

Afgelei:
• wyserplaat

Vertaling:
Engels: pointer
Nederlands: wijzer


Byvoeglike naamwoord: wys
Vergrotende trap: wyser
Oortreffende trap: wysste
Attributief: wyse

Betekenis:
• Vergrotende trap van wys; slimmer en verstandiger.

Gebruik:
• Sy is wyser as die res van hulle.

Vertaling:
Engels: more wise, sensible
Nederlands: wijzer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: longontsteking
Volgende onderwerp: inrigting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:56:56 MGT 2024