nomadies [boodskap #139392] |
Wed, 11 May 2022 14:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nomadies
Afbreking: no•ma•dies
Byvoeglike naamwoord: nomadies
Attributief: nomadiese
Betekenis:
• Wat nie aan 'n vaste plek gebonde is nie.
Gebruik:
• Lank gelede was alle mense jagter-versamelaars en die meeste was nomadies.
Sinoniem:
• migrerend
• rondswerwend
• rondtrekkend
• swerwend
Antoniem:
• stasionêr
• sedentêr
Vertaling:
Engels: nomadic
Nederlands: nomadisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|