| vertaler [boodskap #139364] |
Sa., 07 Mei 2022 10:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26826 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
vertaler
Afbreking: ver•ta•ler
Samestelling: vertaal + -er
Selfstandige naamwoord: vertaler
Meervoud: vertalers
Verkleinwoord: vertalertjie
Meervoud van verkleining: vertalertjies
Betekenis:
• Iemand wat teks van die een taal na 'n ander vertaal.
• Rekenaarprogram wat programme na masjienkode omskakel.
Gebruik:
• Die vertaler van die boek het keurige Afrikaans gebruik.
• Die bronlêer, wat in 'n programmeertaal geskryf is, word deur die vertaler na 'n uitvoerbare program omgeskakel.
Hiponiem:
• tolk
Afkorting:
• vert.
Vertaling:
Engels: translator
Nederlands: vertaler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 13 Oktober 2026 11:02] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|