Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verlossing
verlossing [boodskap #139358] Fri, 06 May 2022 20:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlossing
Afbreking: ver•los•sing
Samestelling: verlos + -ing


Selfstandige naamwoord: verlossing
Meervoud: verlossings, verlossinge
Verkleinwoord: verlossinkie
Meervoud van verkleining: verlossinkies

Betekenis:
• Die handeling van verlos (om te red of te bevry).
• Die geboorte van 'n baba; bevalling.

Gebruik:
• Op u verlossing wag ek, Here! [Genesis 49:18]
• Verkies u 'n keisersnee of 'n normale verlossing?

Sinoniem:
• bevryding
• redding
• vrymaking
• vrystelling

Afgelei:
• verlossingsbegrip
• verlossingsdaad
• verlossingsreligie
• verlossingswaardig
• verlossingswerk

Vertaling:
Engels: salvation, redemption, rescue; delivery
Nederlands: verlossing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verleidster
Volgende onderwerp: vernielsugtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:13:34 UTC 2025