beskroom [boodskap #139349] |
Thu, 05 May 2022 09:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beskroom
Afbreking: be•skroom
Samestelling: be- + skroom
Byvoeglike naamwoord: beskroom, beskroomd
Vergrotende trap: beskroomder
Oortreffende trap: beskroomdste
Attributief: beskroomde
Betekenis:
• Wat skaam, onseker en verleë is.
Gebruik:
• Hy is spontaan en glad nie beskroom om saam met die meisies te dans nie.
Sinoniem:
• bedees
• beskaamd
• beskeie
• skamerig
• skroomvallig
• skugter
• verleë
• teruggetrokke
Antoniem:
• onbeskroom
• vrymoedig
Afgelei:
• beskroomdheid
• beskroomdes
Vertaling:
Engels: timid, shy, self-conscious
Nederlands: beschroomd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|