Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vaatjie
vaatjie [boodskap #139347] Wed, 04 May 2022 20:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaatjie
Afbreking: vaat•jie
Samestelling: vaat + -jie


Selfstandige naamwoord: vaatjie
Meervoud: vaatjies

Betekenis:
• Spotnaam vir 'n vet maag, of 'n persoon met so 'n maag.
• 'n Klein vat (ronde houer).

Gebruik:
• Ek het die fliek Vaatjie Sien Sy Gat vreeslik geniet.
• In watter vaatjie steek jy die wyn weg?

Spreekwoord:
• Uit 'n ander vaatjie tap. [Anders praat as tevore.]
• Hy is die eerste hoepel om die vaatjie. [Hy is die eersgeborene.]

Sinoniem:
• boepens
• boepie
• diksak
• potjierol
• vetsak
• vettie

Afgelei:
• asynvaatjie
• biervaatjie
• soutvaatjie
• vaatjiemaag
• watervaatjie
• wynvaatjie

Vertaling:
Engels: fat belly, fat person; small barrel
Nederlands: vaatje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitvoerhandel
Volgende onderwerp: gelykmaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 02:51:17 UTC 2025