uitloper [boodskap #139342] |
Tue, 03 May 2022 18:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitloper
Afbreking: uit•lo•per
Samestelling: uitloop + -er
Selfstandige naamwoord: uitloper
Meervoud: uitlopers
Verkleinwoord: uitlopertjie
Meervoud van verkleining: uitlopertjies
Betekenis:
• Uitgroeisel (dikwels kruipend) wat 'n nuwe plant vorm.
• Iets wat sydelings uitloop.
Gebruik:
• Aarbeie versprei deur uitlopers te vorm.
• Die Bokkeveldberge het 'n uitloper wat bekend is as die Engelsman se punt.
Sinoniem:
• loot
• spruit
• syloot
• uitgroeisel
• uitspruitsel
Afgelei:
• senu-uitloper
• senuwee-uitloper
Vertaling:
Engels: runner, offshoot; outlier
Nederlands: uitloper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|