uitgestrek [boodskap #139340] |
Tue, 03 May 2022 14:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitgestrek
Afbreking: uit•ge•strek
Samestelling: uit + gestrek
Byvoeglike naamwoord: uitgestrek
Vergrotende trap: uitgestrekter
Oortreffende trap: uitgestrekste
Attributief: uitgestrekte
Betekenis:
• Wat die ledemate wyd uitsteek.
• Wat 'n groot ruimte beslaan; wyd na die kant toe uitloop.
Gebruik:
• Die hond lê uitgestrek op die mat.
• En die stad was wyd uitgestrek en groot... [Nehemia 7:4]
Sinoniem:
• breeduit
• ekspansief
• omvattend
• onbegrens
• plat
• ruim
• uitgebreid
• uitgesprei
• wyd
Afgelei:
• uitgestrektheid
Vertaling:
Engels: extensive, large, vast
Nederlands: uitgestrekt
Nota:
• Voltooide deelwoord van uitstrek.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|