statussimbool [boodskap #139329] |
Sat, 30 April 2022 17:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
statussimbool
Afbreking: sta•tus•sim•bool
Samestelling: status + simbool
Selfstandige naamwoord: statussimbool
Meervoud: statussimbole
Verkleinwoord: statussimbooltjie
Meervoud van verkleining: statussimbooltjies
Betekenis:
• 'n Besitting as uiterlike vertoon van 'n persoon se sosiale status en welstand.
Gebruik:
• Baie mense sien blink motors as 'n statussimbool, maar dis nie eintlik 'n goeie belegging nie.
Vertaling:
Engels: status symbol
Nederlands: statussymbool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|