Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stapper
stapper [boodskap #139328] Sat, 30 April 2022 16:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
stapper
Afbreking: stap•per
Samestelling: stap + -er


Selfstandige naamwoord: stapper
Meervoud: stappers
Verkleinwoord: stappertjie
Meervoud van verkleining: stappertjies

Betekenis:
• Iemand wat stap.
• Hulpmiddel waarmee gestap word, soos 'n loopraam of -ring.

Gebruik:
• Dit neem een tot drie uur om Tafelberg uit te klim, afhangende van hoe fiks die stapper is.
• Die ou oom loop met 'n stapper.

Spreekwoord:
• Met dapper en stapper gaan. [Te voet.]

Sinoniem:
• loper
• voetganger
• voetslaner
• wandelaar

Vertaling:
Engels: walker, hiker
Nederlands: stapper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seggenskap
Volgende onderwerp: statussimbool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 03:08:01 UTC 2025