guitig [boodskap #139313] |
Wed, 27 April 2022 16:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
guitig
Afbreking: gui•tig
Samestelling: guit + -ig
Byvoeglike naamwoord: guitig
Vergrotende trap: guitiger
Oortreffende trap: guitigste
Attributief: guitige
Partitief: guitigs
Betekenis:
• Vol guite; wat op 'n grappige manier stout en ondeund is.
Gebruik:
• Hy was altyd sprankelend, guitig en 'n groot terggees wat niemand ontsien het nie.
Sinoniem:
• baldadig
• guitagtig
• ondeund
• onnutsig
• skalks
• spelerig
• stout
Afgelei:
• guitigheid
Vertaling:
Engels: mischievous, cheeky, playful
Nederlands: guitig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|