sensasioneel [boodskap #139310] |
Wed, 27 April 2022 16:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sensasioneel
Afbreking: sen•sa•sio•neel
Samestelling: sensasie + -eel
Byvoeglike naamwoord: sensasioneel
Vergrotende trap: sensasioneler
Oortreffende trap: sensasioneelste
Attributief: sensasionele
Partitief: sensasioneels
Betekenis:
• Wat sensasie veroorsaak; opspraak wek.
Gebruik:
• Die rolprent is sensasioneel en vol goedkoop truuks.
Sinoniem:
• opsienbarend
• opspraakwekkend
• sensasiewekkend
• veelbesproke
• verbasingwekkend
Vertaling:
Engels: sensational, startling, hair‐raising, lurid
Nederlands: sensationeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|