transaksie [boodskap #139299] |
Mon, 25 April 2022 15:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
transaksie
Afbreking: tran•sak•sie
Selfstandige naamwoord: transaksie
Meervoud: transaksies
Verkleinwoord: transaksietjie
Meervoud van verkleining: transaksietjies
Betekenis:
• Ooreenkoms om 'n produk of diens vir 'n geldsom (of iets waardevols) te ruil.
Gebruik:
• George Soros het 'n wins van $1 miljard met 'n transaksie van $10 miljard gemaak.
Sinoniem:
• handelsooreenkoms
• ruiling
• skikking
• verruiling
Hiponiem:
• handelstransaksie
• kontanttransaksie
• ruiltransaksie
• saketransaksie
• verkooptransaksie
Afgelei:
• transaksiekode
• transaksiekoste
Vertaling:
Engels: transaction
Nederlands: transactie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|