revolusionêr [boodskap #139295] |
Mon, 25 April 2022 11:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
revolusionêr
Afbreking: re•vo•lu•sio•nêr
Byvoeglike naamwoord: revolusionêr
Vergrotende trap: meer revolusionêr, revolusionêrder
Oortreffende trap: revolusionêrste
Attributief: revolusionêre
Partitief: revolusionêrs
Betekenis:
• Wat radikale verandering inlui (soos 'n revolusie).
Gebruik:
• Albert Einstein se teorie van relatiwiteit was revolusionêr.
Sinoniem:
• omverwerpend
• ondergrawend
• ondermynend
• progressief
• radikaal
• rebels
Vertaling:
Engels: revolutionary
Nederlands: revolutionair
Selfstandige naamwoord: revolusionêr
Meervoud: revolusionêrs
Betekenis:
• Persoon met radikale idees wat 'n revolusie aanhang.
Gebruik:
• Che Guevara was 'n Argentynse revolusionêr 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie.
Sinoniem:
• revolusionis
Vertaling:
Engels: revolutionary
Nederlands: revolutionair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|