tjoepstil [boodskap #139282] |
Sat, 23 April 2022 20:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tjoepstil
Afbreking: tjoep•stil
Byvoeglike naamwoord: tjoepstil
Attributief: tjoepstille
Betekenis:
• Intensiewe vorm van stil; baie stil.
Gebruik:
• Toe die skoolhoof instap word die saal skielik tjoepstil.
Sinoniem:
• botstil
• doodstil
• grafstil
• kerkstil
• roerloos
Vertaling:
Engels: absolutely silent, very quiet
Nederlands: doodstil
Nota:
• Tjoep kom van die Hindi woord "chup" (stil), wat waarskynlik van Maleis na Afrikaans oorgedra is.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|