geheuestokkie [boodskap #139273] |
Fri, 22 April 2022 14:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geheuestokkie
Afbreking: ge•heue•stok•kie
Samestelling: geheue + stokkie
Selfstandige naamwoord: geheuestokkie
Meervoud: geheuestokkies
Betekenis:
• Toestel met flitsgeheue en 'n USB-koppelvlak waarop data gestoor word.
Gebruik:
• Ek het my belangrikste dokumente op 'n geheuestokkie gebêre.
Sinoniem:
• dataduim
• datastafie
• datavinger
• USB-stokkie
Vertaling:
Engels: thumb drive, memory stick, USB flash disk
Nederlands: geheugenstick, USB-staaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|