| pendoring [boodskap #139257] |
Ma., 18 April 2022 15:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tak van die pendoring.
pendoring
Afbreking: pen•do•ring
Samestelling: pen + doring
Selfstandige naamwoord: pendoring
Meervoud: pendorings
Verkleinwoord: pendorinkie
Meervoud van verkleining: pendorinkies
Betekenis:
• 'n Lang doring.
• Struik of boom van die Bosveld, Gymnosporia buxifolia.
Gebruik:
• Ek het in 'n pendoring getrap.
• Die pendoring se dorings is meestal 3–4 cm lank, maar kan tot 10 cm lank word.
Vertaling:
Engels: long thorn; spike-thorn
Nederlands: pendoorn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|