parataksis [boodskap #139251] |
Mon, 18 April 2022 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
parataksis
Afbreking: pa•ra•tak•sis
Selfstandige naamwoord: parataksis
Meervoud: –
Betekenis:
• Die samevoeging van sinne sonder onderskikking of sonder voegwoorde.
Gebruik:
• Julius Caesar se woorde, "Ek het gekom, ek het gesien, ek het oorwin," is 'n voorbeeld van parataksis.
Sinoniem:
• gelykstelling
• newenskikking
• paratakse
Verwant:
• paratakties
Vertaling:
Engels: parataxis
Nederlands: parataxis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|