Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ordonnansie
ordonnansie [boodskap #139246] Sun, 17 April 2022 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ordonnansie
Afbreking: or•don•nan•sie


Selfstandige naamwoord: ordonnansie
Meervoud: ordonnansies

Betekenis:
• 'n Wetlike bevel of reëling van 'n owerheid.

Gebruik:
• Die paaie was destyds vir perde en die Johannesburgse stadsraad het 'n ordonnansie uitgevaardig om motors toegang tot paaie te verbied.

Sinoniem:
• bepaling
• dekreet
• klousule
• regulasie
• stipulasie
• statuut
• verordinering
• voorskrif

Afgelei:
• konsepordonnansie
• ontwerpordonnansie
• tugordonnansie

Afkorting:
• ord.

Vertaling:
Engels: ordinance
Nederlands: ordonnantie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opstygsnelheid
Volgende onderwerp: ornament
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 02:36:20 UTC 2025