spioenasie [boodskap #139232] |
Sat, 16 April 2022 10:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spioenasie
Afbreking: spi•oen•a•sie
Samestelling: spioen + -asie
Selfstandige naamwoord: spioenasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van spioeneer; verkryging van geheime inligting.
Gebruik:
• Talle Sjinese in die VSA word van industriële spioenasie verdink.
Sinoniem:
• bespieding
• verkenning
Afgelei:
• spioenasieaktiwiteite
• spioenasiebedrywighede
• spioenasiediens
• spioenasienet
• spioenasiering
• spioenasieskandaal
• spioenasieskrywer
• spioenasiestelsel
• spioenasieverhaal
• spioenasiewerk
• teenspioenasie
Vertaling:
Engels: espionage, spying
Nederlands: spionage
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|