Namakwa [boodskap #139202] |
Tue, 12 April 2022 14:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Namakwa
Afbreking: Na•mak•wa
Selfstandige naamwoord: Namakwa
Meervoud: Namakwas
Betekenis:
• Ouer naam vir die Nama, 'n volksgroep van Botswana, Namibië en Suid-Afrika.
• In samestellings verwys dit na die woongebied van die Nama.
Gebruik:
• Die Nama is in die verlede die Namakwa, en nog vroeër, Hottentotte genoem.
• Namakwaland is oorspronklik deur die Namas, die magtigste van die Khoi-stamme, bewoon.
Afgelei:
• Namakwa-Afrikaans
• namakwaduif
• namakwafisant
• namakwagousblom
• namakwakanarie
• Namakwaland
• namakwalander
• namakwapatrys
• namakwaskaap
• namakwasuikerbekkie
Vertaling:
Engels: Namaqua
Nederlands: Namakwa
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|