protokol [boodskap #139170] |
Tue, 29 March 2022 21:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
protokol
Afbreking: pro•to•kol
Selfstandige naamwoord: protokol
Meervoud: protokolle
Betekenis:
• Gedragsreëls, formaliteite en rituele vir formele aangeleenthede (soos diplomatieke etiket).
• (rekenaars) Voorskrifte vir rekenaarmatige kommunikasie en data-oordrag tussen rekenaars.
Gebruik:
• Die protokol vir die gebruik van die Suid-Afrikaanse vlag is kort voor dit aanvaar is uitgereik.
• TCP/IP bestaan uit twee protokolle, die transmissiebeheer-protokol (TCP) en die internetprotokol (IP).
Afgelei:
• poskantoorprotokol
• protokollêr
• protokolooreenkoms
Afkorting:
• prot.
Vertaling:
Engels: protocol
Nederlands: protocol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|