skrikwekkend [boodskap #139156] |
Sun, 27 March 2022 18:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skrikwekkend
Afbreking: skrik•wek•kend
Samestelling: skrik + wek + -kend
Byvoeglike naamwoord: skrikwekkend
Vergrotende trap: skrikwekkender
Oortreffende trap: skrikwekkendste
Attributief: skrikwekkende
Partitief: skrikwekkends
Betekenis:
• Wat 'n mens skrik op die lyf jaag; bang maak; afskrik.
Gebruik:
• Die oorlog was grusaam en die lewensverlies skrikwekkend.
Sinoniem:
• afskuwelik
• angswekkend
• bloedstollend
• onrusbarend
• ontstellend
• skokkend
• skrikaanjaend
• verontrustend
• verskriklik
• vreesaanjaend
• vreeslik
Vertaling:
Engels: terrifying, startling, frightening, alarming, appalling
Nederlands: schrikwekkend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|