klousule [boodskap #139152] |
Sun, 27 March 2022 11:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klousule
Afbreking: klou•su•le
Selfstandige naamwoord: klousule
Meervoud: klousules
Betekenis:
• 'n Aanvullende of beperkende bepaling van 'n wet, ooreenkoms, verordening, ens.
Gebruik:
• Maak seker dat u die kontrak verstaan en dat dit nie enige ongewensde klousules bevat nie.
Sinoniem:
• bepaling
• stipulasie
• verordening
• voorwaarde
Afgelei:
• bouklousule
• gewetensklousule
• goudklousule
• taalklousule
• versekeringsklousule
• voetstoots-klousule
Vertaling:
Engels: clause, provision, stipulation
Nederlands: clausule
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|