joernalistiek [boodskap #139139] |
Sat, 26 March 2022 10:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
joernalistiek
Afbreking: joer•na•li•stiek
Byvoeglike naamwoord: joernalistiek
Attributief: joernalistieke
Betekenis:
• Met betrekking tot joernalisme/verslaggewing.
Gebruik:
• Hoe hanteer joernaliste die botsing tussen joernalistieke etiek en die reg?
Vertaling:
Engels: journalistic
Nederlands: journalistiek
Selfstandige naamwoord: joernalistiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Die uitreiking van inligting deur die media (die werk van joernaliste).
Gebruik:
• Joernalistiek is waarskynlik een van die lonendste en mees bevredigende beroepe ter wêreld.
Sinoniem:
• joernalisme
• verslaggewing
Afgelei:
• riooljoernalistiek
• skinderjoernalistiek
• tjekboekjoernalistiek
Afkorting:
• joern.
Vertaling:
Engels: journalism
Nederlands: journalistiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|