ingenieurswese [boodskap #139127] |
Fri, 25 March 2022 14:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ingenieurswese
Afbreking: in•ge•nieurs•we•se
Samestelling: ingenieur + -s- + -wese
Selfstandige naamwoord: ingenieurswese
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toepassing van wiskunde en wetenskap om dinge te ontwerp, te bou en in stand te hou.
Gebruik:
• Die velde van ingenieurswese is nou verwant aan die toegepaste wetenskappe.
Afkorting:
• ing.
Hiponiem:
• bedryfsingenieurswese
• bio-ingenieurswese
• chemiese ingenieurswese
• elektrotegniese ingenieurswese
• landbou-ingenieurswese
• lugvaartingenieurswese
• motoringenieurswese
• sagteware-ingenieurswese
• siviele ingenieurswese
• stelselingenieurswese
Afgelei:
• ingenieursweseraad
Vertaling:
Engels: engineering
Nederlands: ingenieurswezen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|