inbeslagneming [boodskap #139126] |
Fri, 25 March 2022 11:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inbeslagneming
Afbreking: in•be•slag•ne•ming
Samestelling: in- + beslag + neming
Selfstandige naamwoord: inbeslagneming
Meervoud: inbeslagnemings
Betekenis:
• Die handeling om iets (soos smokkelware) in beslag te neem.
Gebruik:
• Die vissers was woedend oor die regering se inbeslagneming van hulle bote.
Wisselvorm:
• inbeslagname
Sinoniem:
• beslaglegging
• konfiskasie
• onteiening
• opeising
Vertaling:
Engels: seizure, attachment
Nederlands: inbeslagname
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|