Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » immuun
immuun [boodskap #139122] Thu, 24 March 2022 16:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
immuun
Afbreking: im•muun


Byvoeglike naamwoord: immuun
Attributief: immune

Betekenis:
• Bestand en nie vatbaar vir iets (soos gif of siekte) nie.
• (figuurlik) Vrygestel/onthef van 'n verpligting.

Gebruik:
• Ek is ingeënt en is immuun teen pokke.
• Sy is immuun teen vleiery. Hy is immuun teen vervolging.

Sinoniem:
• ongevoelig
• onskendbaar
• onvatbaar

Afgelei:
• immunisasie
• immuniseer
• immuniteit
• immuunsiekte
• immuunstelsel
• immunologie
• immunoloog
• outo-immuun

Vertaling:
Engels: immune
Nederlands: immuun

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: visgraat
Volgende onderwerp: implementeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 03:27:56 UTC 2025