immunisering [boodskap #139120] |
Wed, 23 March 2022 19:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
immunisering
Afbreking: im•mu•ni•se•ring
Samestelling: immuniseer + -ing
Selfstandige naamwoord: immunisering
Meervoud: immuniserings
Betekenis:
• Proses waardeur 'n persoon deur inenting teen 'n siekte beskerm word.
Gebruik:
• Hierdie siektes kan met eenvoudige immunisering voorkom word.
Sinoniem:
• immunisasie
• inenting
• inokulasie
• inokulering
• vaksinasie
Afgelei:
• immuniseringstof
• selfimmunisering
Vertaling:
Engels: immunisation, immunization
Nederlands: immunisatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|