Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teleurstelling
teleurstelling [boodskap #139116] Wed, 23 March 2022 09:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
teleurstelling
Afbreking: te•leur•stel•ling
Samestelling: teleurstel + -ling


Selfstandige naamwoord: teleurstelling
Meervoud: teleurstellinge, teleurstellings
Verkleinwoord: teleurstellinkie
Meervoud van verkleining: teleurstellinkies

Betekenis:
• Die toestand van teleurgesteld wees (as daar nie aan 'n verwagting voldoen word nie).
• Iets wat 'n mens teleurstel.

Gebruik:
• Ek kon die teleurstelling op haar gesig sien toe die partytjie afgestel is.
• Ek hou vas aan u verordeninge, Here, moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie. [Psalms 119:31]

Sinoniem:
• bloutjie
• misnoegdheid
• ontgogeling
• ontnugtering
• terugslag

Vertaling:
Engels: disappointment
Nederlands: teleurstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: humeur
Volgende onderwerp: huurkoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 03:26:37 UTC 2025