hardnekkig [boodskap #139106] |
Mon, 21 March 2022 11:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hardnekkig
Afbreking: hard•nek•kig
Samestelling: hard + nek + -kig
Byvoeglike naamwoord: hardnekkig
Vergrotende trap: hardnekkiger
Oortreffende trap: hardnekkigste
Attributief: hardnekkige
Partitief: hardnekkigs
Betekenis:
• Wat verbete aanhou en nie wil besgee nie.
Gebruik:
• Die misdadiger het hom hardnekkig teen arrestasie verset.
• Covid-19 is 'n hardnekkige virus.
Sinoniem:
• dwarstrekkerig
• eiesinnig
• eiewys
• halsstarrig
• koppig
• meedoënloos
• onversetlik
• onwrikbaar
• resoluut
• steeks
• styfhoofdig
• styfkoppig
• vasberade
• verbete
• voortdurend
• weerbarstig
• weerspannig
Afgelei:
• hardnekkigheid
Vertaling:
Engels: stubborn, stiffnecked, persistent, obstinate
Nederlands: hardnekkig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|