grondwetlik [boodskap #139101] |
Mon, 21 March 2022 08:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grondwetlik
Afbreking: grond•wet•lik
Samestelling: grondwet + -lik
Byvoeglike naamwoord: grondwetlik
Attributief: grondwetlike
Partitief: grondwetliks
Betekenis:
• Volgens die grondwet.
Gebruik:
• Eiendomsreg word al hoe meer bedreig, ten spyte daarvan dat dit grondwetlik verskans is.
Sinoniem:
• konstitusioneel
Antoniem:
• ongrondwetlik
Afgelei:
• grondwetlikheid
Vertaling:
Engels: constitutional
Nederlands: grondwettelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|