Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewetenloos
gewetenloos [boodskap #139095] Sun, 20 March 2022 18:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewetenloos
Afbreking: ge•we•ten•loos
Samestelling: gewete + -(n)loos


Byvoeglike naamwoord: gewetenloos
Vergrotende trap: gewetenloser
Oortreffende trap: gewetenloosste
Attributief: gewetenlose

Betekenis:
• Sonder gewete.

Gebruik:
• Die stropers het die renosters gewetenloos vir hul horings afgemaai.

Wisselvorm:
• geweteloos

Sinoniem:
• beginselloos
• eerloos
• eervergete
• genadeloos
• gevoelloos
• harteloos
• koelbloedig
• machiavellisties
• meedoënloos
• ongevoelig
• onverskillig
• skaamteloos

Afgelei:
• gewetenloosheid

Vertaling:
Engels: without a conscience, ruthless, merciless, heartless
Nederlands: gewetenloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geurloos
Volgende onderwerp: ghetto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 03:05:38 UTC 2025