swendel [boodskap #139091] |
Sun, 20 March 2022 09:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swendel
Afbreking: swen•del
Werkwoord: swendel
Verlede tyd: het geswendel
Betekenis:
• Om op bedrieglike wyse sake te doen; mense uit geld en besittings bedrieg.
Gebruik:
• Die skurk probeer mense se vertroue wen, maar sal die laaste sent uit hulle swendel as hy die kans kry.
Sinoniem:
• bedrieg
• flous
• knoei
• konkel
• kul
• mislei
• verkul
• verneuk
Afgelei:
• swendelaandele
• swendelaar
• swendelary
• swendelfirma
• swendelmaatskappy
• swendelonderneming
• swendelproses
• swendelsaak
• verswendel
Vertaling:
Engels: to swindle
Nederlands: zwendelen
Nota:
• Soms ook 'n selfstandige naamwoord.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|