garnaal [boodskap #139070] |
Thu, 17 March 2022 13:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
garnaal
Afbreking: gar•naal
Selfstandige naamwoord: garnaal
Meervoud: garnale
Verkleinwoord: garnaaltjie
Meervoud van verkleining: garnaaltjies
Betekenis:
• Klein, kreefagtige waterdier met tien pote en 'n sagte dop, onderorde Pleocyemata.
Gebruik:
• Garnale is 'n belangrike voedselbron en word as 'n lekkerny beskou.
Hiperoniem:
• skaaldier
Afgelei:
• garnaalkelkie
• garnaalpasta
• garnaalsous
• garnaalsterte
• garnaalvissery
• seegarnaal
• steurgarnaal
Vertaling:
Engels: shrimp, prawn
Nederlands: garnaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|