toekenning [boodskap #139066] |
Wed, 16 March 2022 14:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toekenning
Afbreking: toe•ken•ning
Samestelling: toeken + -(n)ing
Selfstandige naamwoord: toekenning
Meervoud: toekenninge, toekennings
Verkleinwoord: toekenninkie
Meervoud van verkleining: toekenninkies
Betekenis:
• Die handeling van toeken, of iets wat toegeken is.
Gebruik:
• Die Romeinse soldate het 'n krans van lourierblare as toekenning vir hulle oorwinning ontvang.
Sinoniem:
• bewilliging
• prys
• uitdeling
• uitreiking
• toedeling
• toewysing
Afgelei:
• geheuetoekenning
• prioriteitstoekenning
• prystoekenning
• puntetoekenning
• statustoekenning
• toekenningsbrief
Vertaling:
Engels: allotment, granting, allocation; award, accolade
Nederlands: toekenning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|