fungussiekte [boodskap #139065] |
Wed, 16 March 2022 12:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fungussiekte
Afbreking: fun•gus•siek•te
Samestelling: fungus + siekte
Selfstandige naamwoord: fungussiekte
Meervoud: fungussiektes
Verkleinwoord: fungussiektetjie
Meervoud van verkleining: fungussiektetjies
Betekenis:
• Siekte wat deur 'n fungus/skimmel/swam veroorsaak word.
Gebruik:
• Roes is 'n fungussiekte wat baie plante infekteer.
Sinoniem:
• skimmelsiekte
• swamsiekte
Vertaling:
Engels: fungal disease
Nederlands: schimmelziekte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|