essensie [boodskap #139034] |
Do, 10 Maart 2022 11:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
essensie
Afbreking: es•sen•sie
Selfstandige naamwoord: essensie
Meervoud: essensies
Betekenis:
• Dit waaroor iets werklik gaan; wat dit maak wat dit is.
Gebruik:
• Almal soek op 'n stadium van hulle lewens na die essensie van die menslike bestaan.
Sinoniem:
• hoofaspek
• hoofgedagte
• hoofpunt
• hooftrek
• hoofsaak
• kern
• kerngedagte
• wese
Verwant:
• essensieel
Vertaling:
Engels: essence
Nederlands: essentie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|