erkenning [boodskap #139029] |
Mon, 07 March 2022 15:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erkenning
Afbreking: er•ken•ning
Samestelling: erken + -(n)ing
Selfstandige naamwoord: erkenning
Meervoud: erkenninge, erkennings
Verkleinwoord: erkenninkie
Meervoud van verkleining: erkenninkies
Betekenis:
• Die handeling van erken; die egtheid of geldigheid bevestig.
• Die betuiging van dank.
Gebruik:
• Langenhoven het 'n groot rol in die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal gespeel.
• Die akteur het internasionale erkenning vir sy rol in die film ontvang.
Sinoniem:
• bekentenis
• dankbetuiging
• waardering
Afgelei:
• selferkenning
• skulderkenning
Vertaling:
Engels: acknowledgement, recognition
Nederlands: erkenning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|