stouterd [boodskap #139027] |
Mon, 07 March 2022 13:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stouterd
Afbreking: stou•terd
Samestelling: stout + -erd
Selfstandige naamwoord: stouterd
Meervoud: stouterds
Verkleinwoord: stouterdjie
Meervoud van verkleining: stouterdjies
Betekenis:
• Iemand (gewoonlik 'n kind) wat baie stout en onnutsig is.
Gebruik:
• Die stouterd het die katte se sterte aan mekaar vasgebind.
Wisselvorm:
• stouter
Sinoniem:
• aapstert
• belhamel
• deugniet
• jakker
• kalant
• karnallie
• klits
• knaap
• kwaaddoener
• kwajong
• niksnuts
• ondeug
• rakker
• vabond
Vertaling:
Engels: naughty child, rascal
Nederlands: stouterd, stouteling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|