voorspraak [boodskap #138996] |
Sun, 27 February 2022 17:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorspraak
Afbreking: voor•spraak
Samestelling: voor + spraak
Selfstandige naamwoord: voorspraak
Meervoud: voorsprake
Betekenis:
• 'n Pleidooi of aanbeveling ten gunste van iets of iemand; 'n goeie woord wat iemand insit.
Gebruik:
• Op voorspraak van sy voorganger is Bonifatius tot pous verkies.
Sinoniem:
• aanbeveling
• bemiddeling
• intersessie
• mediasie
• pleidooi
• rekommandasie
• tussenkoms
• voorbidding
• verdediging
Afgelei:
• voorspraakmaker
Vertaling:
Engels: advocacy, intercession, mediation
Nederlands: voorspraak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|