driepuntprop [boodskap #138984] |
Sun, 27 February 2022 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
driepuntprop
Afbreking: drie•punt•prop
Samestelling: drie + punt + prop
Selfstandige naamwoord: driepuntprop
Meervoud: driepuntproppe
Betekenis:
• 'n Muurprop met drie kontakpunte.
Gebruik:
• 'n Driepuntprop het 'n bruin lewendige draad, 'n blou neutrale draad en 'n groengeel-gestreepte aarddraad.
Verwant:
• tweepuntprop
Vertaling:
Engels: three-point plug
Nederlands: driepuntsstekker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|