plateer [boodskap #138978] |
Sat, 26 February 2022 15:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plateer
Afbreking: pla•teer
Werkwoord: plateer
Verlede tyd: het geplateer
Betekenis:
• Om 'n metaal (d.m.v. elektrolise) met 'n lagie van 'n ander metaal oor te trek.
Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse R5-munt is koper wat met nikkel geplateer is.
Sinoniem:
• elektroplateer
Afgelei:
• chroomplateer
• koperplateer
• sinkplateer
Verwant:
• galvaniseer
Vertaling:
Engels: to plat
Nederlands: plateren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|