Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » direkteur
direkteur [boodskap #138963] Fri, 25 February 2022 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
direkteur
Afbreking: di•rek•teur


Selfstandige naamwoord: direkteur
Meervoud: direkteure, direkteurs
Verkleinwoord: direkteurtjie
Meervoud van verkleining: direkteurtjies

Betekenis:
• Iemand wat 'n organisasie bestuur en beheer daaroor uitoefen.
• Hoë rang in die polisie- of staatsdiens, of iemand wat so 'n rang beklee.

Gebruik:
• Marius Jooste was die besturende direkteur van die Afrikaanse Pers (1962) Beperk.
• Weet die direkteur waarmee jy besig is?

Sinoniem:
• administrateur
• baas
• bedryfsleier
• bestuurder
• hoof
• voorsitter

Antoniem:
• direktrise (vroulik)

Afgelei:
• adjunkdirekteur
• assistentdirekteur
• direkteur-generaal
• direkteurskap
• direkteurspos
• gevangenisdirekteur
• mededirekteur
• musiekdirekteur
• museumdirekteur
• onderdirekteur
• streekdirekteur

Vertaling:
Engels: director, manager
Nederlands: direkteur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diskwalifiseer
Volgende onderwerp: beslaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:20:28 UTC 2025