Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fondasie
fondasie [boodskap #138960] Thu, 24 February 2022 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
fondasie
Afbreking: fon•da•sie


Selfstandige naamwoord: fondasie
Meervoud: fondasies
Verkleinwoord: fondasietjie
Meervoud van verkleining: fondasietjies

Betekenis:
• Die fondament of onderste gedeelte van 'n gebou.
• (figuurlik) Die begin, basis of grondslag van iets.

Gebruik:
• 'n Mens kan nie 'n wolkekrabber op 'n swak fondasie bou nie.
• Digitale tegnologie is die fondasie waarop die elektroniese media gebou is.

Sinoniem:
• basis
• fondament
• grondslag
• grondvesting
• onderbou
• vloer
• voetstuk

Vertaling:
Engels: foundation
Nederlands: fundatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dissimilasie
Volgende onderwerp: blindelings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:22:12 UTC 2025