ruspunt [boodskap #138941] |
Vr, 18 Februarie 2022 19:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ruspunt
Afbreking: rus•punt
Samestelling: rus + punt
Selfstandige naamwoord: ruspunt
Meervoud: ruspunte
Verkleinwoord: ruspuntjie
Meervoud van verkleining: ruspuntjies
Betekenis:
• Plek waar 'n mens kan rus; rusplek.
• Moment waar gerus word; pouse.
• Plek waarop 'n las rus; steunpunt.
Gebruik:
• Colesberg is 'n gerieflike ruspunt waar reisigers kan aftrek of oornag.
• 'n Komma dui 'n pouse of ruspunt tussen woorde aan.
• Die pilaar dien as ruspunt vir die dak.
Hiponiem:
• komma
• sela
Vertaling:
Engels: point of rest; pause; support
Nederlands: rustpunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|